Zeus was woedend toe Prometheus vuur uit die hemel steel en besluit om hom te straf. Pandora, nuuskierig soos wat sy was, besluit om die dosie wat sy moet oppas, oop te maak. Verskriklike goed spring daar uit en word die wêreld ingestuur. Zeus sien hierdie as ‘n goeie straf vir Prometheus en stuur hom reguit na Pandora toe. Weer maak die arme vrou die doos oop en Prometheus is in sy kanon.
Pandora se dosie word van daardie tyd af gesien as alles behalwe goed. “It would open a Pandora’s box of problems”, hoor ons baie.
Maar soos die jare met haar aanstap, het sy ‘n emansipasie beleef wat skrik vir niks. Sy het besluit om haar dosie oop te maak net wanneer sy wil en vir wie sy wil – en die aaklige dinge wat toenterjare ontsnap het, is iets van die verlede. Pandora is gerehabiliteerd, haar dosie is vernuwend en sy is nou ‘n girl waarvoor die toekoms aanhou wink. Sy maak dit nou oop vir lekker dinge, slim dinge, aweregse dinge en hartsdinge.
Welkom by Pandora se wêreld – ‘n dosis anekdotiese fantasmagoriese oerknal vir andersdenkendes.
— Lizanne Gerber Kruger –